HOOF BOODSKAP / PRINCIPAL MESSAGE

President is 'n skool waar elke seun en dogter iemand is en waar ons werk vir elke kind.  President as skool bied soveel meer geleenthede vir die kind in die hedendaagse Suid-Afrika.  Ons bied vir ons Afrikaanse leerders die geleentheid om in Afrikaans onderrig te word, in 'n skool waar Engels ook gebruik word en die seuns en dogters soveel meer blootstelling kry.  Daar is min skole wat soveel bied soos Hoërskool President, met rugby, hokkie, netbal, atletiek, krieket, skaak, foto-klub, koerant-redaksie, koor, drama, kunsklub, touch-rugby en landloop.

President is 'n skool van diversiteit in sport en kultuur as mens kyk na die aktiwiteite wat ons aanbied.  President se uiteindelike strewe is om holistiese leerders die wêreld in te stuur, wat op akademiese, sport en kultuurvlak ontiwkkel is en hulle plek in die lewe en ons land kan volstaan.  Ons kan roem daarop dat ons dit kan doen, ons skool presteer uiters goed op akademiese gebied en op al die ander vlakke waar ons deelneem.

Gee President die kans om ook vir u kind, die kans en opvoeding te bied.

Mnr AM Ferreira

President sal 100% slaagsyfer kry.  Ons ken mos niks anders nie!"-Mnr AM Ferreira